Hanli & Johannes
Johannes & Hanli – dit was `n absolute voorreg om by jul troue te wees. `n Mens bid en wens jou kinders mos altyd net die beste toe en ons het na jul troue gesê ons hoop ons kinders gaan ook eendag sulke vriende hê asook so `n hegte verhouding soos wat julle het. Julle het `n ongelooflike dag gehad saam met die mense wat jul liefhet en ons het veral jul spontaniteit by die fotosessie vreeslik geniet. Seën vir julle!!
Liedjie: Baby Tjoklits (Gerhard Steyn)
Julle dis so pragtig. Ek het die voorreg om dit selfs in Korea te kyk. Wow dis so ongelooflik mooi. Julle straal van geluk en lyk of julle ‘n pragtige dag gehad het. Dis wonderlik. En die afrikaanse musiek. Jinne, ek kry sommer heimwee. As ek nou weer bietjie down voel gaan ek net na julle video kyk, want julle is pragtig. Baie liefde Sorika
Hoor-hoor!!!
Jip, dit was werklik ‘n fees en ‘n voorreg om die Vreugde van die dag met julle te deel. Dink dit is defenitief een van die beste “trailers” wat ek nog gesien het, so sal graag die hele video wil sien … Net die beste!!! Gerhardt & Marié
The Han Can (And perhaps Jo)